Hurwitz Boran Produksie Veiling: Die “Nampo” van produksie veilings

Boran Produksie veiling hurwitz 2019

Die afgelope naweek het Hurwitz Farming hulle jaarlikse produksie veiling gehou. Die Hurwitz broers het alle verwagtinge oortref. Die “Nampo” van produksie veilings was Hurwitz Farming se 5de produksie veiling en ‘n allermuntige sukses; dit was duidelik sigbaar op die hemelbreë glimlag van Simeon Hurwitz tydens sy onderhoud met Andre Groenewald na afloop van die veiling.

‘n Mens kan die entoesiasme van almal in en om die Hurwitz kraal sien. Die genetika van die kudde, die groei van die besigheid en die aanvraag na hulle stoet se bloedlyne is ‘n getuienis wat Simeon, Jarren en Jeannie verrig het.

Die veiling by die Bull Ring tussen Ermelo en Bethal was bygewoon deur meer as 350 mense wat kopers van Zimbabwe, Namibie en Eswatini insluit.

Hurwitz se 5de Boran Produksie Veiling resultate:

Boran Bulle

  • Die hoogste prys-bul Lot 31 – WZ 14 56 “Jameson” vir R500 000 verkoop aan pres. Cyril Ramaphosa se Ntaba Nyoni-stoetery
  • Tweede hoogste prys-bul Lot 36 – BH 15 47 “Pegasus” vir R140 000 verkoop aan Jaco van der Walt van Waltkon Meat in Naboomspruit.

Die gemiddelde prys van tien Boran-bulle was teen R123 888 verkoop.

Boran Koeie

  • Hoogste prys dragtige vers Lot 14 “Jasmine” – R170 000 verkoop aan Liz Reilly van Impofu Ranching in Swaziland.
  • Hoogste prys vir koei en kalf was Lot 30 “Georgina” – R130 000 verkoop aan Liz Reilly van Impofu Raching in Swaziland.

Die gemiddelde prys vir koeie met kalwers was R70 000 en die gemiddelde prys vir drie-in-een koei was R59 000.

Die volgende Hurwitz veiling vind plaas die 25ste September besoek hulle webtuiste www.boranauction.co.za vir meer inligting.

Share on facebook
Share on google
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Categories

Latest Articles

Latest Videos